Elektrochemiese sel

'n Elektrochemiese sel

'n Elektrochemiese sel is 'n toestel waarin die twee elektrochemiese halfreaksies van 'n redoksreaksie apart kan plaasvind. Deur die skeiding is dit moontlik om die chemiese energie in elektriese energie om te sit pleks van in hitte.

Dit bestaan gewoonlik uit:

  • Twee vate of kompartimente
  • Twee elektrodes: 'n anode in die een en 'n katode in die ander vat
  • 'n Stroomdraad wat die twee elektrodes verbind; gewoonlik word hierdie deel van die stroomkring belas deur byvoorbeeld 'n rekenaar
  • 'n Soutbrug wat die twee vate verbind.

Die toestel skei nie net die twee halfreaksies nie, maar ook die strome wat die elektriese kring verbind. In die stroomdraad word elektrone vervoer, in die soutbrug ione. Die elektrone- en die ionestroom moet ook geskei word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search